Raak betrokke

Kleingroepe
Ons motiveer graag elke gemeentelid om by
'n kleingroep betrokke te word.
Hier word daar Bybel gelees, saamgebid en ons ondersteun mekaar op die lewensreis.
Miskien wil jy jouself beskikbaarstel as 'n kleingroepleier? Kontak ons gerus.
Kontak Divan Vrey
divan@ngkwelgelegen.co.za | 083 701 7771

Kontak Alwyn Carstens
alwyn@ngkwelgelegen.co.za | 082 677 5081
Is jy lief vir kinders? Het jy passie en energie? Word gerus betrokke by die kleuterkerk, junior kategese, of senior kategese. Praktiese materiaal word aan jou verskaf en al die nodige ondersteuning en leiding word gebied. Word betrokke by hierdie belangrike en pret bediening.
Jeugbediening

Musiekspan
Het jy 'n spesiale musiekgawe? Het jy 'n passie vir lofprysing en aanbidding? Is jy dalk 'n liedjieskrywer? Raak gerus betrokke by die musiekspan.
Kontak Tania Olivier
tania@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890

Klank & Beeld
Is jy tegnies aangelê? Het jy 'n goeie oor vir musiek en klank? Die span is verantwoordelik vir die opstel en instel van mikrofone, monitors & instrumente tydens eredienste en spesiale funksies. Opleiding en bystand word voorsien.
Kontak Tania Olivier
tania@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890

Erediens-span
Dit neem baie vrywilligers om 'n erediens glad te laat verloop. Wil jy ons graag help met verwelkoming, kollekte- en nagmaal,
tee- & koffie bediening, blomme & dekor?
Kom deel jou diensbaarheid met ons.
Kontak Mary-Ann Booysen
kantoor@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890

Jongwerkendes
Is jy tussend die ouerdeom van 20 en 34 jaar oud? Hou jy van sosiale kuiers en om nuwe plekke te ontdek saam met lekker mense? Hierdie groep is vir jou! Kom kuier saam!
Kontak Divan Vrey
divan@ngkwelgelegen.co.za | 083 701 7771

SenGen
SenGEN (senior-generasie) is aktief en passievol oor die lewe. SenGen bied maandelikse sosiale aktiwiteite vir seniorburgers. Aktiwiteite vind gedurende die dag plaas en sluit in speletjies, uitstappies,
etes en vele meer.
Kontak Doep du Preez
082 615 7668

Ietz uit Nikz
Hierdie kreatiewe groep dames het 'n hart vir liefdadigheid. Hulle omskep ou items in iets nuuts en mooi. Hierdie produkte word dan by markte verkoop en die winste word gebruik vir liefdadigheisprojekte. Die dames kom Donderdagoggende bymekaar.
Kontak Elaine Hagen
083 635 3314

Geboue en terreine
Ons benodig van tyd tot tyd nutsmanne wat die kerkkantoor kan bystaan met DIY-projekte (loodgieters, elektriese). Sal jy bereid wees om ons te help? Raak deel van die span.
Kontak Johan du Toit
johan@ngkwelgelegen.co.za | 079 897 6673

Mammasgroep
Om 'n mamma te wees is 'n vreugde, maar dit kom ook met uitdagings. Kom ons gesels, ondersteun mekaar en geniet 'n lekker koppie koffie saam.
Die groep kom maandeliks bymekaar.
Kom verkwik jou mamma-hart.
Kontak Nadya Woeke
076 856 4423

Social Tribe
Kontak Tania Olivier
tania@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890
Is jy tussen die ouderdom van 35 tot 54+ jaar jonk? Het jy 'n behoefte om nuwe mense te ontmoet en om saam sosiale aktiwiteite te geniet? Enkel, getroud of geskei.
Hierdie groep is vir jou. Geniet die lewe
en word deel van die Tribe.

Klereprojek
Die gemeente se klereprojek is 'n pragtige gemeenskapsprojek. Die klereprojek vind plaas elke tweede Dinsdagoggend van 09:00 tot
+/- 10:30. Die span help Maandae om die klere te sorteer en voor te berei vir die Dinsdag.

IT-werkgroep
Is jy 'n IT-hardeware en/of sagteware kenner? Kan jy IT-ondersteuning bied aan die kerkkantoor? Raak gerus betrokke by hierdie dinamiese en kundige span.
Kontak Rudolf Visser
083 455 5738
Kontak Elaine Hagen
083 635 3314

Is jy beskikbaar om die skakelboard te beman wanneer 'n personeelid op verlof is?
Miskien is jy bereid om te kom help met algemene kantoor administrasie.
Kontak ons gerus.
Administratiewe hulp
Kontak Tania Olivier
tania@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890