
Raak betrokke

God het elkeen van ons met unieke gawes en talente geseën.
Wanneer ons dit saam in die kerk deel, bou ons nie net Sy Koninkryk nie – ons beleef ook vreugde en gemeenskap.
Kom wees deel van God se plan, ontdek die lekker van diens, en laat jou lig helder skyn as ‘n Diensengel!

Kleingroepe
In ’n intieme kring van gelowiges vind jy ondersteuning, gebed, en ’n plek waar jy jou geloof prakties kan uitleef. Kleingroepe help ons om mekaar se laste te dra, saam die Woord te ontdek, en ware gemeenskap te ervaar.
Kontak Divan Vrey
divan@ngkwelgelegen.co.za | 083 701 7771

​Die jeug is die kerk se hede én toekoms.
Deur by die jeugbediening betrokke te raak, help jy jong mense om in hul geloof te groei, hoop te vind en ’n veilige ruimte van behoort te ervaar. Jou deelname is ’n belegging in die volgende geslag dissipels van Christus en ’n kans om ’n blywende verskil te maak.
Jeugbediening
Kontak Elizna du Plooy (Junior Kategese)
061 431 2251
Kontak Ronel Mouton (Senior Kategese)
083 245 1247
.jpg)
Musiekspan
As God jou met musikale gawes seën, is dit ’n roeping om dit terug te gee in aanbidding. In die musiekspan gebruik jy jou talent om die gemeente te lei in lofprysing, om harte oop te maak vir God se teenwoordigheid, en om saam ’n klank van eenheid en vreugde te skep. Jou deelname bring nie net musiek nie, maar bediening—’n geleentheid om jou geloof sigbaar en hoorbaar te deel
Kontak Tania Olivier
tania@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890

Klank & Beeld
Die klank- en beeldspan maak dit moontlik dat die boodskap duidelik gehoor en gesien word. Deur jou betrokkenheid help jy om ’n atmosfeer van aanbidding en fokus te skep, waar mense sonder afleiding God kan ontmoet. Jou tegniese vaardighede word ’n bediening—’n manier om die evangelie te versterk en die gemeente se ervaring te verdiep.Opleiding en bystand word voorsien.
Kontak Tania Olivier
tania@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890

Erediens-span
Om deel te wees van die erediens-span is om ’n aktiewe rol te speel in die hart van die gemeente se aanbidding. Hier dien jy nie net met jou hande nie, maar ook met jou hart.
Jou betrokkenheid maak die erediens ’n gesamentlike ervaring van orde, warmte en gasvryheid.
Kontak Mary-Ann Booysen
kantoor@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890

Avontuurgroep
Sluit aan by ons avontuur groep en ontdek die vreugde van saam stap in die natuur! Hier bou ons herinneringe tussen berge en bome, waar oud en jonk welkom is om vars lug te geniet, nuwe vriende te maak en die wonder van die skepping te ervaar. Dit is meer as net ’n stap — dit is ’n gemeenskaplike reis vol energie, geselskap en inspirasie.
Kontak Helgaard Stander
082 311 8817

By die jongwerkendes groep gaan dit oor lag, gesels en saam geniet! Elke maand kom ons bymekaar vir ’n aand vol bordspeletjies en wyn — ’n perfekte kombinasie van vriendskap, ontspanning en ’n bietjie gesonde kompetisie. Dit is die ideale manier om nuwe mense te leer ken, jou strategievaardighede te toets en sommer net lekker saam te kuier.
Jongwerkendes
Kontak Divan Vrey
divan@ngkwelgelegen.co.za | 083 701 7771

SenGen
SenGEN (senior-generasie) is aktief en passievol oor die lewe. SenGen bied maandelikse sosiale aktiwiteite vir seniorburgers. Aktiwiteite vind gedurende die dag plaas en sluit in speletjies, uitstappies,
etes en vele meer.
Kontak Adri du Preez
072 688 0799

Iets van Als
Hierdie kreatiewe groep dames het 'n hart vir liefdadigheid. Hulle omskep ou items in iets nuuts en mooi. Hierdie produkte word dan by markte verkoop en die winste word gebruik vir liefdadigheisprojekte. Die dames kom Donderdagoggende bymekaar.
Kontak Elaine Hagen
083 635 3314

Geboue en terreine
Ons benodig van tyd tot tyd nutsmanne wat die kerkkantoor kan bystaan met DIY-projekte (loodgieters, elektriese). Sal jy bereid wees om ons te help? Raak deel van die span.
Kontak Stephen Conradie
koster@ngkwelgelegen.co.za |

Social Tribe
Sluit aan by Social Tribe – ’n groep vir middeljarige mense wat hou van lekker kuier en nuwe ervarings! Ons geniet verskillende aktiwiteite saam, van ontspan en gesels tot avontuurlustige uitstappies. Hier bou ons vriendskappe, deel lag en skep herinneringe. Kom wees deel van die Tribe en ontdek hoe lekker dit is om saam te leef en te lag!
Kontak Tania Olivier
tania@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890

Klereprojek
Die gemeente se klereprojek is 'n pragtige gemeenskapsprojek. Die klereprojek vind plaas elke tweede Dinsdagoggend van 09:00 tot
+/- 10:30. Die span help Maandae om die klere te sorteer en voor te berei vir die Dinsdag.
Kontak Elaine Hagen
083 635 3314

IT-werkgroep
Is jy 'n IT-hardeware en/of sagteware kenner? Kan jy IT-ondersteuning bied aan die kerkkantoor? Raak gerus betrokke by hierdie dinamiese en kundige span.
​
Kontak die kerkkantoor

Is jy beskikbaar om die skakelboard te beman wanneer 'n personeelid op verlof is?
Miskien is jy bereid om te kom help met algemene kantoor administrasie.
Kontak ons gerus.
Administratiewe hulp
Kontak Tania Olivier
tania@ngkwelgelegen.co.za | 074 682 6890


