top of page

Meer oor ons

Wie is ons?

Ons is ‘n kerk vir vandag en môre se mense. Eietydse, lewensgetroue en aktiewe dissipels van Jesus in en vir ons gemeenskap. Ons wil graag van vreemdelinge medereisigers maak.

 

Ons skep graag vir jou die ruimte om God te aanbid en ook om jou gawes uit te leef in ‘n familie-vriendelike en ontspanne atmosfeer.
Ons wil jou graag bystaan om ‘n Johannes 10:10 lewe te leef. ‘n Lewe in oorvloed. 


Gemeentekuiers

  • Gasvryheid is vir ons belangrik en ons geniet dit om saam koffie te drink en heerlike gemeentekuiers te hou. Gemeentekuier-datums word op die funksies en geleenthede-blad aangedui 

 

Opleiding-Woensdae

  • 'n Geleentheid waar ons verskillende onderwerpe aanspreek om jou te bemagtig, bemoedig en te help groei. Woensdae om 19:00 in die koffie en kuier-area en ook aanlyn beskikbaar.​

​

​

​

Wat is waar?

 

Vloerplan-met-fotos.png

Dienste

Ons Woord gebaseerde eredienste is gemaklik informeel.
Jy is welkom om te kom net soos jy is. 


Die musiekspan bedien Liedboek, Flam en ook ander liedere met ‘n meer kontemporêre aanslag.

 

9:00 Sondae – Gesamentlike erediens

  • met moederskamer links voor in ouditorium
    (0 – 23 maande)

  • met kleuterkerk in die konferensielokaal tydens die erediens (2 tot 5 jaar)

  • met junior kategese in die kerksaal tydens die erediens
    (Graad R tot 6)

  • met senior kategese na erediens in kerksaal
    (Graad 7 tot 10)

  • met finalejaarskategese na erediens (Graad 11/12).  

  • Aanlyn uitsending beskikbaar via die gemeente se YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/channel/UChFfsUui2ehF4juYjMlL5_w

​

Geniet gerus ‘n heerlike koppie koffie/tee in ons Koffie en Kuier-area voor/na die erediens. Saam kuier is nie net vir ons lekker nie, maar ook baie belangrik.

​

Doop

  • Ons doop die eerste Sondag van elke maand.

  • Voornemende doopouers moet asb die doopvorm voltooi
    (+/- 2 maande voor doop datum) en aan die kerkkantoor e-pos.

  • Die doopregistrasievorm kan hier afgelaai word.

​

Huweliksbevestiging​

  • Ons leraars is beskikbaar vir die fasilitering van huweliksbevestigings.

  • Kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting. 

Waardes vir webwerf.png
  • Facebook
  • YouTube
bottom of page